On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Matjhabeng se beplande kragverhoging bevraagteken

───   SABRINA DEAN 15:18 Tue, 16 Sep 2014

Matjhabeng se beplande kragverhoging bevraagteken | News Article

Welkom - Die DA in Matjhabeng, wat onder meer Welkom insluit, sê hy sal hand en tand baklei om die munisipaliteit se jongste beplande elektrisiteitsverhoging te keer.

Raadslid Jan Marais sê 'n verhoging groter as 7.39% mag nie ingestel word nie. Hy sê volgens munisipale wetgewing, mag tariewe net een keer per jaar, met die nodige raadstoestemming, aangepas word.

Marais sê hy is besig om met ‘n advokaat te konsulteer om ‘n hofaansoek rakende die kwessie te bring teen die einde van die week of vroeg volgende week.
 
Intussen het Matjhabeng-woordvoerder, Kgojane Matutle, gesê dat Eskom en die Nasionale Elektrisieteitsreguleerder van Suid Afrika (Nersa) vandag met ‘n inligtingsessie klarigheid oor die kwessie sal bring.
 
Hy het vanoggend aan OFM-nuus gesê die hele proses is wel binne die wet.
 
Sabrina Dean/OFM-nuus



Podcasts

Jan Marais:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.