On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Familietroue eindig hartseer met boer se Kongokoors-dood

───   15:14 Wed, 17 Sep 2014

Familietroue eindig hartseer met boer se Kongokoors-dood | News Article

Bloemfontein - Die Namibiese boer Kobie Hoffman wat in Bloemfontein aan Kongokoors dood is, is verlede Maandag deur ’n bosluis aan die blad gebyt.

Die 40-jarige Hoffman het einde verlede week begin siek word terwyl hy en familie op Upington saamgetrek was vir sy broerskind se troue.
 
Sy swaer, Louis Jordaan van Hartswater, sê wat ’n blye tyd vir die familie moes wees, het hartseer geëindig.
 
Kobie se broerskind, Petro, is Vrydagmiddag op Upington met Lourens Grobler, van Douglas, getroud. Haar pa, Andries, was vier jaar gelede in die nuus toe hy Kongokoors oorleef het.
 
’n Dag voor die troue het haar oom begin siek word en Saterdagaand is hy per Aerocare-lugambulans na Bloemfontein gebring.
 
Sy toestand het Maandag verbeter, maar gister skielik versleg.
 
Hy is gisteraand dood.
 
Dirk Kok/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.