On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Familie van Kongokoors-slagoffer vra toestemming om lyk na Namibië te bring

───   18:19 Wed, 17 Sep 2014

Familie van Kongokoors-slagoffer vra toestemming om lyk na Namibië te bring | News Article

Bloemfontein - Familie van die Namibiese boer Kobie Hoffman wat in Bloemfontein aan Kongokoors dood is, vra owerheidstoestemming dat sy lyk na Namibië gebring kan word.

Hoffman se swaer, Louis Jordaan van Hartswater, sê dit is die familie se wens dat hy langs sy pa, Koot, begrawe word op Aroab waar hy grootgeword en geboer het.
 
Hulle wil nie hê hy moet in Suid-Afrika veras word nie.
 
In die geval van Kongokoors is daar egter streng maatreëls oor die oorgrensvervoer van ’n lyk. Die familie vra nou toestemming van die regerings en gesondheidsowerhede in Suid-Afrika en Namibië om sy oorskot binne die wetlike voorskrifte te vervoer. Daar is sprake dat sy lyk in droë ys na Namibië gebring kan word.
 
Die 40-jarige Hoffman is verlede Maandag in Namibië deur ’n bosluis gebyt en het einde verlede week op ’n familietroue op Upington begin siek voel.
 
Hy is Saterdagaand per Aerocare-lugambulans na Bloemfontein gebring, waar hy gisteraand in die Life-Roseparkhospitaal dood is.
 
Dirk Kok/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.