On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Local News

Harrismith-wegholbrand 'totaal buite beheer'

───   16:35 Thu, 18 Sep 2014

Harrismith-wegholbrand 'totaal buite beheer' | News Article

Harrismith - Die voorsitter van die Vrystaatse sambreelliggaam vir brandverenigings, Thinus Steenkamp, sê die regering gaan dringend sy hulp moet gee om die verwoestende wegholbrand, wat kilometers ver van Harrismith tot in KwaZulu-Natal woed, onder beheer te bring.

Steenkamp sê daar is tans slegs twee brandspanne en die brand is totaal buite beheer.
 
Hy sê dié brand moet deur die regering tot ’n ramp verklaar word. Lugsteun, nog vuurslaners, paramedici en veeartse is dringend nodig.
 
Daar is reeds veeverliese en berigte van mense wat beseer is. Die brand het vroegmiddag begin met twee brande wat onderskeidelik agter Platberg by Harrismith en die nabygeleë Eeram uitgebreek het.
 
As gevolg van erge wind van tot 158km/h het die brande vinnig versprei en buite beheer geraak.
 
Die brand strek reeds oor 55km.
 
Dirk Kok/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.