On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Agentskap veg om agterstallige komplekse se ligte aan te hou

───   17:57 Thu, 18 Sep 2014

Agentskap veg om agterstallige komplekse se ligte aan te hou | News Article

Bloemfontein - Vier meenthuiskomplekse in Bloemfontein se water is vanoggend afgesny weens uitstaande rekeninge.

Dié komplekse, en 17 ander, word bestuur deur ‘n eiendomsagentskap wat onlangs ‘n klag van bedrog teen hul voormalige boekhouer by die polisie ingedien het oor beweerde wanbestuur wat glo R1 miljoen behels.
 
Die eienaar van National Real Estate, Marius du Toit, sê hulle sal vanaf 1 Oktober die bestuur van die betrokke 21 komplekse oorneem. Hy sê hulle sal met die Mangaung-metro onderhandel en hopelik uitstel vir die vereffening van die uitstaande bedrag verkry.
 
Du Toit sê hulle het ook vanoggend gereël dat die vier komplekse se water dadelik weer aangesluit word.
 
Du Toit kan nog nie sê wat die presiese uitstaande bedrag is nie, maar forensiese ouditeure is reeds aangestel om die bedrag te bepaal.
 
Hy sê sommige van die komplekse is byna R1 miljoen agterstallig.
 
Duane Petrus/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.