Local News
Harrismith-wegholveldbrande: Niks wat boere kon doen─── 08:47 Fri, 19 Sep 2014
Harrismith - Die voorsitter van die Vrystaatse sambreelliggaam vir brandverenigings, Thinus Steenkamp, sê as gevolg van sterk winde, die intensiteit van die vuur en die droë veld was daar gister min wat boere kon doen om die reuse-wegholveldbrande by Harrismith te keer.
Hy sê wind van tussen 55 tot moontlik 100km/h het dit een van die ergste brande nog in hierdie gebied gemaak. Drie mense is dood.
Nog mense het brandwonde opgedoen.
Huise, skure, infrastruktuur en 35 000 ha weiveld of selfs meer het moontlik in die slag gebly.
Steenkamp het ook reeds inligting ontvang oor een boer wat 'n duisend skape verloor het en 'n ander boer wat 300 verse verloor het. Steenkamp sê hulle is ingelig 'n regeringsafvaardiging kan die gebied vandag besoek.
Boere vra al sedert gister dat die gebied tot rampgebied verklaar word en hy hoop dié besoek sal daartoe lei dat dit spoedig gebeur.
Intussen is 'n span van Working on Fire van Vrede af op pad Harrismith toe om gedeeltes wat steeds brand en smeul, te blus.
Intussen is 'n span van Working on Fire van Vrede af op pad Harrismith toe om gedeeltes wat steeds brand en smeul, te blus.
Steenkamp sê nog Working on Fire-spanne is op bystand en hulle gaan vir 'n tweede dag probeer om met regeringshulp 'n helikopter te kry om te help.
Dirk Kok/OFM-nuus
Thinus Steenkamp: