On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Veldbrandslagoffers onderskeidelik kritiek en ernstig

───   14:57 Fri, 19 Sep 2014

Veldbrandslagoffers onderskeidelik kritiek en ernstig | News Article

Harrismith - Een van die twee jong mans wat erg gebrand het op die wildplaas buite Harrismith waar drie mense in gister se veldbrand doodgebrand het, Nico Joubert, se toestand is kritiek.

Hy is per ambulanshelikopter van die Hoogland-Mediclinic op Bethlehem na die Millpark-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas.
 
Die eienaar van die Mount Everest-wildplaas, Petrus Weyers, sê Nico, wat in sy twintigs is, het onlangs by hom begin werk en wil ’n professionele jagter word.
 
Mount Everest se plaasbestuurder JP duToit, ook in sy twintigs, is met ernstige brandwonde in die intensiewersorgeenheid van die Hoogland-Mediclinic. Hospitaalwoordvoerder Karien Collett sê sy toestand is ernstig, maar stabiel.
 
Weyers sê die treurspel op sy plaas waarin sy jong werknemers beseer en sy predikant-vriend Johan Mocke, dié se tienerseun, Zander, en een van sy beste plaaswerkers, Kehla Mokoena, doodgebrand het, is vir hom ’n harde slag.
 
Sy geloof dra hom in hierdie moeilike tyd.

Dirk Kok/OFM-nuus

Podcasts

Petrus Weyers:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.