On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Stakende lykshuispersoneel weier om lyke van brandslagoffers te verwyder

───   15:35 Fri, 19 Sep 2014

Stakende lykshuispersoneel weier om lyke van brandslagoffers te verwyder | News Article

Harrismith - Die eienaar van die Mount Everest-wildplaas buite Harrismith, waar die pastoor Johan Mocke, sy tienerseun, Zander, en ’n plaaswerker, Kehlo Mokoena, in gister se vernietigende veldbrand doodgebrand het, sê die departement van gesondheid in die Vrystaat se stakende lykshuiswerkers het geweier om die lyke te verwyder.

Petrus Weyers sê die gesondheidswerkers het aan hulle gesê die lyke moet maar deur die nag op die plaas lê omdat hulle nie oortyd betaal word nie.
 
Weyers het geweier en private kontrakteurs gekry om die lyke van sy vriend, dié se seun en sy werker op sy plaas te kom haal.
 
Dirk Kok/OFM-nuus


Podcasts

Petrus Weyers:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.