Local News
Kuruman matriek-kamp begin oor twee weke─── OWEN KOCK 08:24 Sat, 20 Sep 2014
Kuruman - Matrikulante in die John Taolo Gaetsewe-distrik in Kuruman behoort binne die volgende twee weke vir 'n herstelprogram aan te meld.
Woordvoerder vir die Noord-Kaapse onderwysdepartement, Sydney Stander, sê verskeie media het verkeerdelik berig dat die kamp reeds vandeesweek begin het, terwyl ander berig dat die kamp Maandag in aanvang neem.
Hy sê die departement is tans besig om reëlings vir die kamp te tref, en daarby moet ouers toestemming gee dat leerlinge die kamp kan bywoon.
Skole is reeds in Junie gesluit weens geweldadige protes-aksie oor 'n pad wat die gemeenskap geteer wil hê.
Skole is reeds in Junie gesluit weens geweldadige protes-aksie oor 'n pad wat die gemeenskap geteer wil hê.
Die Noord-Kaapse department van openbare werke het gister bevestig dat kontrakteurs wat die pad gaan bou, reeds verlede week begin het om kamp op te slaan en toesrusting aan te ry.
Owen Kock/OFM-nuus
Sydney Stander: