On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

World News

Withuis ontruim ná man oor heining spring

───   12:50 Sat, 20 Sep 2014

Withuis ontruim ná man oor heining spring | News Article

Washington, D.C - Die Withuis is Vrydagaand ontruim nadat 'n man oor 'n heining geklim het en tot binne die gebou beweeg het voor hy aangekeer is.

President Barack Obama en sy gesin was nie in die Withuis ten tyde van die voorval nie, maar amptenare en joernaliste is onmiddellik uit die gebou ontruim. Obama en sy gesin het minute voor die voorval per helikopter na Camp David vertrek vir die naweek.

Brian Leary, woordvoerder van die Amerikaanse geheime diens, het die verdagte geïdentifiseer as die 42-jarige Omar Gonzalez van Texas. Gonzalez was nie gewapen nie.

“Gonzalez het beamptes se bevele geïgnoreer en is by die North Portico-deure van die Withuis in hegtenis geneem,” het Leary gesê.

Volgens Leary is Gonzalez na die George Washington-hospitaal geneem vir 'n mediese evaluering nadat hy van borspyn gekla het.

Leary het sy kommer uitgespreek oor die feit dat die verdagte eers in hegtenis geneem is toe hy reeds in die Withuis was.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.