On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Local News

Harrismith-brand: Hulpfonds gestig

───   16:00 Sat, 20 Sep 2014

Harrismith-brand: Hulpfonds gestig | News Article

Harrismith - Die burgerregte organisasie, AfriForum het 'n noodfonds gestig om noodsaaklike ondersteuning te verleen aan Harrismith-inwoners en boere na verwoestende veldbrande duisende hektaar se weiding vernietig is.

AfriForum het R10 000 tot die hulpfonds geskenk, en 'n SMS-veldtog is geloods.

Volgens CW Els, AfriForum se provinsiale koördineerder in die Vrystaat, sal die ander AfriForum-takke in die provinsie ook genader word om Harrismith by te staan.
SMS “BRAND” na 38310 om R10 tot die hulpfonds te skenk. AfriForum kan ook gesakel word by 012 644 3951 vir meer inligting en ander donasies. Enige persone wat wil help kan ook vir De Bruyn kontak by 084 554 9973.
 
Vyf mense is reeds dood in die verwoestende veldbrande dood in die brand wat Donderdag naby Warden begin en deur Harrismith beweeg het.

Johann Mocke, sy seun Zander en 'n plaaswerker, Kehla Mokoena, is Donderdagmiddag dood nadat hulle voertuig glo vasgeval het toe hulle op pad was om 'n brand op die plaas Mount Everest probeer blus het.
 
Talle plase is tot op die grond afgebrand terwyl baie boere se skure en store in die slag gebly het. Boere het ook vee verloor.
 
Dirk Kok/OFM-nuus, Afriforum-verklaring

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.