Local News
Twee dood na NW-gemeenskap reg in eie hande neem─── 08:35 Mon, 22 Sep 2014
Brits - Die polisie in Brits ondersoek tans twee sake van moord ná die dood van twee verdagtes wat na bewering 'n 26-jarige vrou in Elandsrand verkrag het.
Die vrou was glo besig om te ryloop van Brits na Pretoria toe die twee verdagtes gestop het om haar op te laai.
Die verdagtes het glo op pad geld van die vrou geëis, maar sy het niks by haar gehad nie. Hulle het toe na die naaste veld gery en haar verkrag.
Die vrou het na haar huis in die Oukasie-dorpsgebied gevlug waar sy lede van gemeenskap van die voorval vertel het. Ná 'n soektog het die gemeenskap glo die verdagtes, wat van dieselfde gemeenskap is, opgespoor en aangerand.
Een van die verdagtes is as gevolg van sy beserings op die toneel dood. Die ander verdagte het dit reggekry om te vlug, waarna hy na bewering in 'n sloot gespring het. Hy is Vrydag deur 'n verbyganger dood aangetref.
Niemand is nog in verband met die saak in hegtenis geneem nie.

SAPD-verklaring; Maroela Media