On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Andries is glad nie bang nie... ook nie vir 'n slang nie

───   15:06 Mon, 22 Sep 2014

Andries is glad nie bang nie... ook nie vir 'n slang nie | News Article

Bloemfontein - Andries Salman het nie 'n bang haar op sy kop nie - glad nie!

Inteendeel, terwyl hy Maandag gewerk het, het hy op 'n geelslang in 'n tuin in die Woodlands-landgoed afgekom en soos 'n wafferse koelkommer bloot sy hoed en 'n hout stok gevat om dié slang te vang.
 
Volgens Andries sal hierdie koudbloedige meneer jou nie sommer pik nie, "maar jy moet nie lastig wees nie", dán het jy probleme.
 
Andries sê hy het as kind baie met slange te make gekry, maar hulle pik hom nie.
 
Die slang is weer in die natuur vrygelaat, sê Andries. 
 
Die slang is baie giftig.
 
 
Andries en die slang. 
 
 
'n Beampte van die Woodlands-landgoed wat die slang kom kry en weer vrygelaat het. Foto's: Verskaf
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.