On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Gedenkdiens vir Kovsie-studente gehou

───   16:51 Mon, 22 Sep 2014

Gedenkdiens vir Kovsie-studente gehou | News Article

Bloemfontein - Familie, vriende en studente het vanmiddag in Bloemfontein in ‘n emosionele gedenkdiens afskeid geneem van drie Kovsiestudente wat onlangs gesterf het.

Die diens vir Chrisna Botha, Morné van der Westhuizen en Gabrielle Berry het by die Kovsiekerk in Bloemfontein plaasgevind.
 
Van der Westhuizen het verlede Maandag in Mediclinic Bloemfontein van die sewende verdieping na sy dood gespring nadat sy meisie, Chrisna, die vorige naweek van haar perd af geval het. Sy is twee dae na Van der Westhuizen in dieselfde hospitaal oorlede.
 
Een van Chrisna se beste vriende, Claudia Hanekom, het in 'n roerende huldeblyk gesê die paartjie het werklik vir ander omgegee.

Berry het haarself aan 'n klimraam in 'n parkie in Universitas opgehang.
 
Duane Petrus/OFM-nuus

Podcasts

Claudia Hanekom:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.