On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Verwoestende veldbrande: Jy kan help

───   17:11 Mon, 22 Sep 2014

Verwoestende veldbrande: Jy kan help | News Article

Harrismith - Oproepe om hulp vir boere en brandslagoffers word gedoen uit Harrismith en uit Clarens waar verwoestende veldbrande die laaste tyd groot skade aangerig het.

Die predikant Pieter Cockeran van Harrismith sê ’n noodlenigingsfonds is vandag deur gemeenskapsorganisasies, kerke en boereverenigings op die been gebring ná Donderdag en Vrydag se verwoestende veldbrande wat die lewe van vier mense geëis en skade van miljoene rande in die distrik aangerig het. Kontant, kos, klere, beddegoed, meubels en veevoer word gevra. Vervoer vir voerskenkings is ook nodig.
 
Op Clarens sê die brandvereniging se Ralph Burles sowat 40 boere hier het dringend voer nodig ná die onlangse veldbrande waarin sowat 17 000 ha weiveld in die slag gebly het. Boere hier het ook miljoene rande se verliese gely.
 
Van die boere het al hul weiveld en voerbale in die brande verloor en diere kan vrek as hulp nie gekry word nie.
 
Op Harrismith kan ds. Pieter Cockeran by 076 411 1190 gebel word vir kos- en klereskenkings aan slagoffers.
 
Alison Oates kan by 084 588 0411 gebel word vir hulp aan boere en slagoffers op plase.
 
Donasies kan inbetaal word in die NG kerk Harrismith se Absa-bankrekening 910 580 019, met die verwysing “Harrismith Rampfonds”.
 
Op Clarens kan Ralph Burles by 082 800 8821 of Hugo van Doornick by 082 387 5103 gebel word vir hulp aan dié distrik se boere.
 
Dirk Kok/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.