On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Local News

Die bal om nuwe NWU-raad-voorsitter aan te wys is aan die rol

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:37 Thu, 25 Sep 2014

Die bal om nuwe NWU-raad-voorsitter aan te wys is aan die rol | News Article

Potchefstroom - Die proses om 'n nuwe voorsitter van die Noordwes Universiteit se raad aan te stel sal na verwagting spoedig begin.

Dit kom nadat Peet van der Walt, wat dié posisie sedert 2008 beklee, met onmiddellike effek bedank het weens gesondheidsredes.
 
Woordvoerder van die NWU, Louis Jacobs, sê die raad se ondervoorsitter, Itumeleng Pooe, sal as voorsitter van die raad waarneem. 
 
Van der Walt sê hy het bedank omdat hy nie sy pligte voldoende kan nakom weens 'n enkelbesering wat die afgelope jaar veroorsaak het dat hy telkens hospitaalbehandeling moes ontvang. 

Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

Podcasts

Louis Jacobs:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.