On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Local News

Bejaarde vrou veilig na veldbrand haar vaskeer

───   18:13 Tue, 30 Sep 2014

Bejaarde vrou veilig na veldbrand haar vaskeer | News Article

'n Bejaarde vrou, wat vandag deur 'n wegholdbrand in haar huis naby Potchefstroom in Noordwes vasgekeer is, is nie ernstig beseer nie.

ER24-woordvoerder, Russel Meiring, sê die 60-jarige vrou is deur paramedici op die toneel vir rookinaseming behandel.  Die voorval het in die gebied langs die R54-snelweg tussen Potchefstroom en Fochville plaasgevind waar 'n veldbrand weer opgevlam het nadat dit Sondag uitgebreek het. 
 
Volgens Meiring is die vrou in haar huis vasgekeer deur die wegholbrand, maar haar seun kon haar betyds uit die huis kry. 
Potchefstroom Rampbestuur se Kobus Roux, sê nog 'n veldbrand woed in die gebied by die Vredefort-koepel, maar die brand sal hopelik spoedig onder beheer gebring omdat dit naby die oewers van die Vaalrivier woed.
 
Volgens hom  brand dit ook naby Viljoenskroon in die Vrystaat. Volgens hom is geen lewensverlies of skade aan strukture aangemeld nie.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus

Podcasts

ER24-woordvoerder Russel Meiring:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.