On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

NK-herstelprogram vir matrikulante goed op dreef

───   18:18 Tue, 30 Sep 2014

NK-herstelprogram vir matrikulante goed op dreef | News Article

Beplanning deur die Noord-Kaapse onderwysdepartement om 'n herstelprogram aan te bied vir matrikulante, wat meer as drie maande nie skool bygewoon het nie, is goed op dreef.

Onderwyswoordvoerder, Sydney Stander, sê die program vir matrikulante van die John Taolo Gaetsewe- distrik in Kuruman sal in Warrenton aagebied word.
Hy sê die fyner besonderhede soos om ouers se toestemming te kry dat hul kinders die program kan bywoon moet nog gefinaliseer word. Geskikte onderwysers moet ook aangewys word om onderrig te gee. Volgens hom sal die program na verwagting in die volgende twee weke begin.
 
Die gemeenskap in die Joe Morolong-munisipaliteit het in Junie met geweldadige protes-optogte begin oor ‘n 130km
grondpad wat hulle geteer wil hê. Twee kontrakteurs is intussen aangestel om die pad te bou.
 
Matrikulante van meer as 50 skole in die gebied sal na verwagting volgende jaar in Februarie en Maart n aanvullende eksamen aflê.
 
Owen Kock/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.