On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Local News

VS-hospitale se akkreditasie glo nie in die gedrang

───   REFILWE GAESWE 06:55 Wed, 01 Oct 2014

VS-hospitale se akkreditasie glo nie in die gedrang | News Article

Bloemfontein - Vrystaat Gesondheid sê die aanstelling van dokters in sleutelposisies is vir hulle 'n prioriteit.

LUR Benny Malakoane het na afloop van 'n twee dag lange Indaba in Bloemfontein gesê die onlangse rits bedankings van dokters sal nie die akademiese hospitale se akkreditasie beïnvloed nie. Dit, in verwysing na 23 dokters wat onlangs by Bloemfontein se Universitas-hospitaal hul handskoene opgehang het.

Malakoane het ook gesê diegene in leierskapsposisies se rol is om werknemers positief te beïnvloed.
 
Hy sê die aanstelling van geskikte persone in menslike hulpbronne behoort die probleem van vakante poste tot 'n groot mate op te los.
 
Refilwe Mekoa/OFM-nuus



Podcasts

Benny Malakoane:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.