On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

OFM stuur "veldtog teen bestuur en SMS" van stapel

───   SABRINA DEAN 09:12 Wed, 01 Oct 2014

OFM stuur "veldtog teen bestuur en SMS" van stapel | News Article

Bloemfontein - Alhoewel baie mense deesdae twee keer dink voordat hulle onder die invloed agter die stuurwiel van ‘n motor inklim, kan dieselfde nie gesê word van die gewoonte om SMS'e af te stuur en of te ontvang terwyl jou oë eintlik op die pad moet wees nie.

Navorsing toon dat jou kans om in 'n botsing betrokkke te raak vier keer groter is terwyl jy SMS.
 
OFM se algemene bestuurder, Nick Efstathiou, sê dit is as gevolg hiervan dat die stasie besluit het om sy “Driving while inTEXTicated”-veldtog van stapel te stuur.
 
Terwyl jy SMS kan jou reaksietyd met tot 50% verminder en jou beheer oor die voertuig kan met tot 91% ingekort word.
 
Raak betrokke by ons veldtog - besoek ons by http://www.ofm.co.za/ en deel jou onderneming om met die slegte gewoonte te breek, met die res van die OFM-familie.
 
Sabrina Dean/OFM-nuus
 






Podcasts

Nick Efstathiou :

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.