On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Die DA in die NK is ongelukkig oor munisipale afleggings

───   18:01 Wed, 01 Oct 2014

Die DA in die NK is ongelukkig oor munisipale afleggings | News Article

Springbok - Die DA in die Noord-Kaap het vandag beswaar aangteken oor die aflegging van 52 Nama-Khoi-munisipale werkers op Springbok.

Daarmee saam het die DA die Openbare Beskermer gevra om die aangeleentheid te ondersoek.
 
Volgens die DA leier in die provinsie, Andrew Louw, is dit  na wat hy verwys, "brood en botter kwessies" wat aandag moet geniet. Louw probeer nog agter die kap van die byl kom oor hoekom die regerende party die werkers in die pad gesteek het.
 
Louw sê verder dit is niks minder as ‘n politieke suiwering deur die regerende party, en daarom is dit belangrik dat die Openbare Beskermer die aangeleentheid as dringend moet beskou.
 
Owen Kock/OFM-nuus 

Podcasts

DA in die Noord-Kaap se Andrew Louw:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.