On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Drie Chinese sterf in NW-ongeluk

───   08:18 Sat, 04 Oct 2014

Drie Chinese sterf in NW-ongeluk | News Article

Brits - Drie Chinese toeriste is dood en 15 beseer in 'n ongeluk in Brits, Noordwes.

Derek Hanekom, minister van toerisme, het Vrydag gesê die bakkie het 'n ander motor verbygesteek en teen die toeriste se minibus gebots. Die ongeluk het Woensdag plaasgevind. Die bestuurder van die bakkie is lig beseer.

Die toeriste was vir 'n sesdag-uitstappie wat deur Walk Through Africa Tours gereël is. “Ons is werklik hartseer oor hierdie tragiese voorval,” het Hanekom in 'n verklaring gesê.

“Namens die regering en die mense van Suid-Afrika wil ons ons innige meegevoel en simpatie betuig met die families en vriende van die oorledenes.”

In die Vrystaat tussen Dealesville en Boshoff is een persoon dood en nog vier mense in 'n kritieke toestand nadat twee voertuie ook in botsing betrokke was.

Paramedici het die beseerdes vir verdere behandeling na die Medikliniek in Bloemfontein geneem. Die beseerdes sluit in 'n bejaarde egpaar en 'n driejarige kind.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.