On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Potch-man pleit skuldig op aanklag van kinderpornografie

───   DANE BEISHEIM 07:06 Wed, 15 Oct 2014

Potch-man pleit skuldig op aanklag van kinderpornografie | News Article

Potchefstroom - 'n Noordwes man het Dinsdag skuldig gepleit op aanklag van die besit van kinderpornografie in die Streekhof op Potchefstroom.

Gregory Robinson is een van ses mans wat in Augustus verlede jaar in vier provinsies in hegtenis geneem is, nadat die polisie 'n wenk van Interpol ontvang het.
 
Die mans, waaronder twee onderwysers en 'n afgetrede skoolhoof, is in Lichtenburg, Potchefstroom, Bloemfontein, Witrivier, Douglasdale en Florida aangekeer.
 
Die saak teen Robinson is vroeër verskeie kere uitgestel sodat 'n private maatskappy wat deur die SA Polisiediens gekontrakteer is die video-materiaal wat by hom in beslag geneem was kon ontleed.
 
Die maatskappy was genader weens die groot hoeveelheid bewysstukke wat ondersoek moes word.
 
Volgens staatsadvokaat Adele Horn sal Robinson Dinsdag 21 Oktober weer in dieselfde hof verskyn vir sy vonnisoplegging.
 
Intussen sal Bert Viljoen, die tweede verdagte van Noordwes, op 14 Februarie volgende jaar weer in die Lichtenburg Landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van kinderpornografie.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.