On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Ingenieursprojekte om lewenskwaliteit te verhoog

───   DANE BEISHEIM 08:35 Sun, 19 Oct 2014

Ingenieursprojekte om lewenskwaliteit te verhoog | News Article

Potchefstroom - Sowat 370 eerstejaarstudente aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het hul eerste praktiese voorsmakie van die ingenieurswêreld gekry.

Dit is die vierde jaar wat eerstejaars die geleentheid kry om aan plaaslike, praktiese gemeenskapprojekte te werk om inwoners se lewensgehalte te verbeter.

Een-en-dertig projekte is geïdentifiseer.

So is daar byvoorbeeld 'n rolstoel geskep wat oor rowwe terrein gebruik kan word, insolasie panele vanuit koerantpapier vir informele behuising ontwikkel, en musiekinstrumente vanuit herwinbare materiaal.

Spanleier en dosent Hannes du Toit verduidelik dat die projekte nie net vir studente 'n breër raamwerk gee van die ingenieursproses nie, maar ook die geleentheid skep vir praktiese ondervinding op te doen in hul eerste studiejaar.

Dane Beisheim/OFM-nuus 

Podcasts

Hannes du Toit :

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.