On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Man vas vir moord op UV-dosent

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:35 Sun, 19 Oct 2014

Man vas vir moord op UV-dosent | News Article

Bloemfontein - 'n Jong man sal na verwagting môre in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn in verband met die moord op 'n dosent en nagraadse student aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), Lehlohonolo Mathengtheng, verlede maand.

Polisiewoordvoerder, Sinah Mpakane, sê die 18-jarige verdagte is gister in hegtenis geneem.

Mpakane sê die verdagte en Mathengtheng was vermoedelik vriende. Die 27-jarige Mathengtheng is verlede maand wreed in sy woonstel in Willows in Bloemfontein vermoor. Sy keel is byna afgesny. Vriende het twee dae later op sy naakte lyk afgekom.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

Podcasts

Sinah Mpakane:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.