On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Kinderpornografie-saak: NW-man vandag gevonnis

───   DANE BEISHEIM 09:53 Tue, 21 Oct 2014

Kinderpornografie-saak: NW-man vandag gevonnis | News Article

Potchefstroom - 'n Noordwes man, wat Dinsdag skuldig gepleit op aanklag van die besit van kinderpornografie, sal na verwagting vandag gevonnis word in die Streekhof op Potchefstroom.

Gregory Robinson is een van ses mans wat in Augustus verlede jaar in vier provinsies in hegtenis geneem is, nadat die polisie 'n wenk van Interpol ontvang het.
 
Die mans, waaronder twee onderwysers en 'n afgetrede skoolhoof, is in Lichtenburg, Potchefstroom, Bloemfontein, Witrivier, Douglasdale en Florida aangekeer.
 
Die saak teen Robinson is vroeër verskeie kere uitgestel sodat 'n private maatskappy wat deur die SA Polisiediens gekontrakteer is die video-materiaal wat by hom in beslag geneem was kon ontleed.
 
Die maatskappy was genader weens die groot hoeveelheid bewysstukke wat ondersoek moes word.
 
Intussen sal Bert Viljoen, die tweede verdagte van Noordwes, op 14 Februarie volgende jaar weer in die Lichtenburg Landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van kinderpornografie.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.