On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Local News

Agtienjarige in hof vir Kovsie-dosent se moord

───   15:12 Tue, 21 Oct 2014

Agtienjarige in hof vir Kovsie-dosent se moord | News Article

Bloemfontein - ‘n Agtienjarige het vanoggend in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn vir ‘n Kovsie-dosent se moord.

Khethang Ramolula sal op 3 November om borgtog aansoek doen. Lehlohonolo Mathengtheng, van die UV se departement van mediese mikrobiologie en virologie, se naakte lyk is verlede maand in sy woonstel in Willows aangetref.
Die polisie het kort na die moord beeldmateriaal van die oorledene en Ramolula, saam by ‘n plaaslike winkel, aan die media bekend gemaak. Hy is die afgelope naweek, na ‘n drie week lange soektog, by sy ouma se huis in Botshabelo in hegtenis geneem.
 
Vrystaatse polisiewoordvoerder, Sinah Mpakane, sê die twee was vriende.
 
Ramolula is in die hof deur sy ouers ondersteun.
 
'n Plaaslike dagblad het gister berig dat Ramolula 'n gr.10-leerder aan Castlebridge, 'n private skool in die stad is. Die eienaar en skoolhoof, Jacques Pelser, sê egter hy was sedert die laaste dag van die eerste kwartaal nie by die skool nie en is dus nie meer hulle leerling nie.
 
Duane Petrus/OFM-nuus





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.