On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Local News

Bothaville-skoolhoof viktimiseer glo leerling

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:20 Tue, 21 Oct 2014

Bothaville-skoolhoof viktimiseer glo leerling | News Article

Bothaville - ‘n Minderjarige gr.8-leerling van ‘n skool op Bothaville wat eers deur sy skoolhoof geskors is, maar later weer tot die skool toegelaat is, is gister glo op aandrang van die einste hoof deur die polisie vanaf die skoolterrein verwyder.

‘n Bekommerde lid van die gemeenskap, wat verkies om anoniem te bly, sê daarmee saam het die skoolhoof glo opdrag gegee dat leerlinge nie vandag skool mag bywoon nie omdat hy in die plaaslike landdroshof verskyn.
 
Die skoolhoof staan onder meer tereg op ‘n aanklag van crimen injuria nadat hy glo die 14-jarige leerling verlede maand rondgepluk en die k-woord toegesnou het. Die seun was glo in besit van dagga.
 
Bothavillers sê die departement het die beweerde voorval nooit intern ondersoek nie. Die skoolhoof is ook nie tydelik geskors hangende ‘n ondersoek nie. Hy viktimiseer nou die seun en het glo gister ook geweier dat kos aan hom by die skool uitgedeel word.
 
Die departement se woordvoerder, Howard Ndaba, sê hulle was onbewus van die kwessie en dit word nou ondersoek.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.