On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

VS-skoolhoof volgende maand weer in hof oor k-woord

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:51 Wed, 22 Oct 2014

VS-skoolhoof volgende maand weer in hof oor k-woord | News Article
Die hoof van 'n skool op Bothaville wat gister in die plaaslike landdroshof op 'n aanklag van crimen injuria verskyn het is volgende maand weer in die hof.
 
Dit nadat die hoof glo die k-woord teenoor 'n leerling van die skool gebruik het.
 
Polisiewoordvoerder, Steven Thakeng, sê die saak is gister uitgestel sodat 'n hofdatum in die streekhof bepaal kan word.

Die hoof kan na verwagting weer op 6 November in die plaaslike landdroshof verskyn. Hy het glo verlede maand 'n 14-jarige leerling van sy skool die k-woord toegesnou en die gr.8-leerling rondgepluk.
 
Intussen doen Bothavillers 'n beroep op die Vrystaatse onderwysdepartement om in te gryp.
 
Hulle eis dat die departement die skoolhoof tydelik skors, terwyl die beweerde voorval intern ondersoek word. Die skoolhoof het na die voorval sy pligte hervat, maar viktimiseer glo die seun en ander betrokkenis.
 
Die departement se woordvoerder, Howard Ndaba, sê die departement was nie bewus van die beweerde voorval tot OFM-nuus dit onder sy aandag gebring het nie.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

Podcasts

Steven Thakeng:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.