On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

VS-onderwys ondersoek skoolhoof oor beweerde rassisme

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:25 Wed, 22 Oct 2014

VS-onderwys ondersoek skoolhoof oor beweerde rassisme | News Article

Bothaville - Die Vrystaatse departement van onderwys gaan die beweerde voorval, waarin die hoof van ‘n skool op Bothaville na bewering 'n leerling die k-woord toegesnou en hom glo aangerand het, intern ondersoek.

Woordvoerder van die departement, Howard Ndaba, sê dit is nog nie duidelik of die hoof tydelik geskors gaan word hangende die ondersoek nie.
 
Dit kom nadat bekommerde lede van die gemeenskap ‘n beroep op die departement gedoen het om in te gryp.
 
Hulle beweer die hoof, wat gister na die voorval in die plaaslike landdroshof verskyn het op ‘n aanklag van crimen injuria, viktimiseer die leerling by die skool. Die beweerde voorval het verlede maand plaasgevind nadat die kind glo dagga by die skool gerook het.
 
Die hoof se saak is gister uitgestel tot 6 November sodat ‘n hofdatum in die streekhof bepaal kan word.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.