On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Geskorsde NW munisipale bestuurder gaan oor die kole gehaal word

───   DANE BEISHEIM 06:39 Thu, 23 Oct 2014

Geskorsde NW munisipale bestuurder gaan oor die kole gehaal word | News Article

Mahikeng - 'n Dissiplinêre ondersoek sal geloods word na die skorsing van Mokgele Mojaki, die munisipale bestuurder van die Mahikeng munisipaliteit in Noordwes.

Dit is volgens die woordvoerder vir die provinsiale departement van plaaslike regering, Ben Bole.

Mojaki is gister geskors nadat hy versuim het om te staaf hoekom hy nie geskors moet word nie. Die munisipaliteit is vroeër vanjaar onder finansiële administrasie geplaas.
 
Luidens 'n Ouditeursverslag het die munisipaliteit oor die afgelope drie jaar R1.3 miljard se verliese gely weens ongemagtigde en onreëlmatige uitgawes.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.