On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

LUR Zwane kondig projekte vir VS aan

───   OWEN KOCK 14:49 Thu, 23 Oct 2014

LUR Zwane kondig projekte vir VS aan | News Article

Bloemfontein - Die Vrystaatse LUR van ekonomiese ontwikkeling, Mosebenzi Zwane, het vandag van sy departement se beplande ontwikkelings met sowat 150 munisipale verteenwoordigers van oor die provinsie heen gedeel.

Hy het in Bloemfontein gepraat tydens die besoek van die adjunkminister van ekonomiese ontwikkeling. Madala Masuku het onder meer werkskepping en die uitwissing van armoede op sy sakelys gehad.
 
Zwane het die sluier gelig oor van die projekte wat vir die provinsie beplan word.

Zwane het ook genoem dat daar ‘n sonkrag-aanleg vir Bethulie beplan word, en sonkrag-projekte vir Xhariep en Lejweleputswa. Qwaqwa se tekstielbedryf gaan weer lewe in geblaas word, en Bloemfontein se Naval Hill-planetarium gaan uitgebrei word.
Owen Kock/OFM-nuus



Podcasts

Mosebenzi Zwane:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.