On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Brand verwoes Woodland Hills-dubbelverdieping huis

───   20:23 Thu, 23 Oct 2014

Brand verwoes Woodland Hills-dubbelverdieping huis | News Article

Bloemfontein - ‘n Huis op die Woodland Hills-landgoed het vanmiddag kort na 18:30 aan die brand geslaan. Die huis, in Swartwitpenssingel, behoort aan Abel Erasmus, jnr.

Sy buurman, Danie van den Berg, sê hy en sy vrou was in die tuin toe ’n geweldige slag hul buurhuis tref. Van den Berg sê rook het onmiddellik by die dak uitgeborrel. Binne oomblikke was die tweeverdiepinghuis in ligte laaie.
 
Die landgoed se sekuriteit asook die Mangaung-brandweer was vinnig op die toneel.
 
Die boonste verdieping en dak is totaal verwoes.
 
Erasmus sê hulle wou net aansit by die gedekte stoeptafel, om sy vrou se verjaardag saam met vriende en familie te vier, toe die weerlig slaan. Hy sê hulle is dankbaar dat niemand beseer is nie. 
 
Die brandweer se Braam van Zyl sê hulle sal eers môre, na ‘n ondersoek, kan bepaal of dit inderdaad die weerlig was wat die huis aan die brand gesteek het.
 
Karien Jordaan en Sabrina Dean/OFM-nuus 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Foto's: Danie van den Berg 
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.