On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Meer skynaanvalle op plase in VS word beplan

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:56 Fri, 24 Oct 2014

Meer skynaanvalle op plase in VS word beplan | News Article

Bloemfontein - AfriForum beoog meer skynaanvalle op plase in die Vrystaat in ‘n poging om gemeenskappe en die polisie paraat en op hul hoede te hou met plaasaanvalle wat in die provinsie en oor die land toeneem.

AfriForum se provinsiale koördineerder, CW Els, sê die besluit kom nadat die burgerregtegroep se Bethlehem-tak in samewerking met die polisie ‘n skynaanval op ‘n plaas uitgevoer het om die gemeenskap en die polisie voor te berei op ‘n werklike aanval. Els sê slegs enkele lede van die polisie asook die boer op wie se plaas die skynaanval plaasgevind het, was ingelig daaroor.

Els sê die polisie het hul in die skynaanval goed van hul taak gekwyt.
 
Volgens hom wil AfriForum in samewerking met kundiges doeltreffende veiligheidsplanne in die provinsie in plek stel en meer skynaanvalle sal na verwagting plaasvind.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

CW Els:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.