On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

VS in groot verknorsing oor geldsake

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:27 Tue, 28 Oct 2014

VS in groot verknorsing oor geldsake | News Article

Bloemfontein - Die Vrystaatse regering is op die rand van ‘n afgrond en die ANC sal homself gou moet regruk om ‘n geldelike katastrofe te vermy.

So meen die DA se hoofsweep in die Vrystaatse wetgewer, David van Vuuren, nadat jaarverslae van die verskillende departemente drie weke gelede ter tafel gelê is en ‘n minder rooskleurige prentjie skep.
 
Volgens Van Vuuren toon die ouditeur-generaal se verslag daar was geen verbetering in die provinsie se geldelike bestuur en beheer nie.
 
Van Vuuren sê die verslag toon ‘n toename van 87% in ongemagtigde uitgawes in die 2013-‘14 finansiële jaar. Onreëlmatige uitgawes het ook drasties toegeneem met meer as 4 750 gevalle wat plaasgevind het. Dit beloop sowat R2,4 miljard.
 
Hy sê die grootste kopseer is egter die departemente van gesondheid en onderwys se uitstaande skuld wat ‘n groot invloed op die bestaande begroting het.

Van Vuuren sê daar is ook ‘n toename in vrugtelose en verkwistende uitgawes wat sowat R29-miljoen beloop.
 
Hy sê die regering se wanbestuur het ‘n negatiewe invloed op die lewensgehalte van mense in die Vrystaat. Dié provinsie het die hoogste werkloosheidsyfer onder die jeug in die land, nl. sowat 48,2%.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus



Podcasts

David van Vuuren:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.