On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

Botshabelo-fabrieksopening opgedra aan Mulaudzi, Meyiwa en Tambo

───   OWEN KOCK 15:23 Tue, 28 Oct 2014

Botshabelo-fabrieksopening opgedra aan Mulaudzi, Meyiwa en Tambo | News Article

Botshabelo - Die opening van die Botshabelo-bedfabriek buite Bloemfontein is vandag deur die LUR van ekonomiese ontwikkeling, Mosebenzi Zwane, aan Mbulaeni Mulaudzi en Senzo Meyiwa opgedra.

Mulaudzi, ‘n middelafstand atleet, is Vrydag in ‘n motorongeluk oorlede, terwyl Meyiwa, Bafana Bafana en Orlando Pirates kaptein, Sondagaand tydens ‘n rooftog doodgeskiet is.
 
Zwane het ook hulde gebring aan een van die vaders van Suid-Afrika se demokrasie, Oliver Tambo.

Zwane het gesê die twee sportsterre het in lewe 'n voorbeeld gestel van hoe 'n mens na jou medemens kan uitreik en so 'n daadwerklike verskil kan maak.
 
Die fabriek verskaf werk aan 35 jongmense.
Owen Kock/OFM-nuus


Podcasts

Mosebenzi Zwane:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.