On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Cradock-man wat 13-jarige glo ontvoer het, in Bloemfontein vasgetrek

───   16:55 Tue, 28 Oct 2014

Cradock-man wat 13-jarige glo ontvoer het, in Bloemfontein vasgetrek | News Article

Bloemfontein - 'n Man van Cradock, wat deur die polisie gesoek is vir die verkragting en ontvoering van 'n 13-jarige meisie, is in hegtenis geneem.

Vrystaatse polisiewoordvoerder Chaka Marope sê die 52-jarige man was saam met die meisie toe hy by 'n gastehuis in Universitas, Bloemfontein vasgetrek is.
 
In 'n verklaring vroeër vandag het die Oos-Kaapse polisie gesê die man het die meisie in Augustus die eerste keer ontvoer. Hy is toe ook gearresteer en moes verlede week in die hof wees. Toe hy egter nie opdaag nie is 'n lasbrief vir sy arrestasie uitgereik. Sedertdien was hy en die meisie, wat in graad ses is, voortvlugtend.
 
Marope sê hulle verneem dat die twee sedert 19 Oktober in Bloemfontein was.
 
Die meisie is in ‘n plek van veiligheid geplaas, en hulle sal albei môre-oggend terug na Cradock vervoer word, waar die man in die hof sal verskyn.
 
Marope sê die meisie het tydens ondervraging erken dat sy vrywillig ‘n seksuele verhouding met die verdagte gehad het.
 
Duane Petrus/OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.