On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Rekeningkunde-vraestel heel billik

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:22 Tue, 28 Oct 2014

Rekeningkunde-vraestel heel billik | News Article

Bloemfontein - Meer as 6 600 matrikulante oor die Vrystaat heen se kennis in rekeningkunde is vandag in die nasionale senior sertifikaateksamen getoets.

‘n Leerling van die Hoër Meisiesskool Eunice in Bloemfontein, J’Marie Kloppers, sê die rekeningkunde-vraestel was heel billik en sy kon betyds klaarkry.

Kloppers, wat beplan om bedryfsingenieurswese op Stellenbosch te studeer sê sy is bly die eksamen het uiteindelik na ‘n lang proses van voorbereiding begin. Sy sê dit gaan sover goed, maar sy stres oor die vak fisiese wetenskap wat volgende Vrydag geskryf word.
 
Kloppers is egter minder bekommerd oor eerskomende Vrydag se eerste wiskunde-vraestel omdat sy baie van dié vak hou. Woordvoerder van die Vrystaatse onderwysdepartement, Howard Ndaba, sê geen voorvalle is vandag by enige van die 330 eksamenlokale aangemeld nie. Hy sê die meeste matrikulante wat rekeningkunde geskryf het sê die vraestel was nie té moeilik nie.
 
Meer as 700 plaaslike matrikulante het ook vandag die vak Isizulu en meer as 680 leerlinge die vak IsiXhosa geskryf.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

J'Marie Kloppers:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.