On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Local News

Fopdosser kry tronkstraf in Potchefstroom

───   DANE BEISHEIM 14:35 Wed, 29 Oct 2014

Fopdosser kry tronkstraf in Potchefstroom | News Article

Potchefstroom - Moses Thabite is vandag in die Potchefstroomse landdroshof tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis vir bedrog en die nabootsing van ’n polisiebeampte.

Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te dra.
 
Hy het vroeër skuld op beide aanklagte erken.
 
Thabite het op 12 September vanjaar homself voorgedoen as ’n lid van President Jacob Zuma se kantoor sodat hy polisiebegeleiding na ’n ANC-samekoms in Klerksdorp kon bekom. Hy het die dag daarna voorgegee dat hy ’n hooggeplaasde polisiebeampte is sodat hy terug na Potchefstroom vervoer kon word. Daar is eers hierna bepaal dat hy die polisie bedrieg het, en ook nie ’n vrou is nie.
 
Die 24-jarige fopdosser het in die verlede homself as Lerato Mahlangu, die suster van wyle vryheidsvegter Solomon Mahlangu voorgedoen en fondsinsamelings namens die familie gedoen.
 
Thabite het vier soortgelyke opgeskorte vonnisse teen hom onder meer in Upington en Balfour.
 
Landdros Makgoane Foso sal op 19 November die vorige opgeskorte vonnisse in werking stel, tensy Thabite voor dié datum daarteen appelleer. Thabite sal in aanhouding bly tot dan.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.