On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

Potchefstroom: Twee van gesin in botsing uitgewis

───   14:51 Wed, 29 Oct 2014

Potchefstroom: Twee van gesin in botsing uitgewis | News Article

Potchefstroom - Klein Jan Hendrik van Schalkwyk, ‘n gr.1-leerling aan die Laerskool ML Fick in Potchefstroom was ‘n rustige en dierbare seun.

So beskryf sy skoolhoof, Lourie van der Merwe, die 8-jarige wat kort nadat hy en sy gesin gisteraand in ‘n motorongeluk betrokke was, in die Potchefstroom-hospitaal dood is.
 
Jan Hendrik se pa, Hendrico, is op die toneel dood nadat die gesin se bakkie teen ‘n vragmotor, wat vermoedelik ‘n u-draai in die pad gemaak het, gebots het.
 
Hendrico se vrou, Karen, en hul vyf maande oue babadogtertjie is in ‘n stabiele toestand in die Sunshine-hospitaal in Benoni se intensiewesorg-eenheid.
 
Die egpaar se vyf-jarige seun, Marco is ook in ‘n stabiele toestand in die Potchefstroom-hospitaal.
 
Karen se stiefouma, Joey Eybers, sê die gesin was op pad na hul kleinhoewe buite die stad toe die ongeluk gebeur het. Eybers sê sy is dankbaar dat die vragmotorbestuurder daarna in hegtenis geneem is. Volgens haar was Hendrico en Jan Hendrik baie geliefd en sy mis hulle alreeds.
 
Christal-Lize Muller en Sabrina Dean/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.