On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Huis amper vernietig deur weerlig

───   OWEN KOCK 15:17 Wed, 29 Oct 2014

Huis amper vernietig deur weerlig | News Article

Bloemfontein - Terwyl die meeste Bloemfonteiners vanoggend op pad werk toe was, moes inwoners van die Stellenryk-aftreeoord in Universitas asem ophou toe weerlig ‘n pad van verwoesting agtergelaat het.

Die geluk by die ongeluk was dat die wooneenheid wat getref is, onbewoon was, maar derduisende rande se skade is aangerig - ‘n muur is onder meer tot omtrent teen die grond afgeslaan.
 
‘n Verdere sewe wooneenhede in die aftreeoord het bykans al hul vensters verloor. ‘n Inwoner, Fanie le Roux, sê hy het byna van sy stoel geval van die skrik, waar hy besig was om koerant te lees.
 
Owen Kock/OFM-nuus


Podcasts

Fanie le Roux:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.