On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Welkom-hondeteler sterf op motorfiets

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:21 Wed, 29 Oct 2014

Welkom-hondeteler sterf op motorfiets | News Article

Welkom - In ‘n botsing waarin ‘n vragmotor betrokke was is ‘n 35-jarige man van Welkom gistermiddag dood toe sy motorfiets teen die vragmotor gebots het.

Niel du Plessis, ‘n groot gees onder plaaslike hondetelers, se neef Roolie Lubbe, sê die ongeluk het tussen 12:00 en 12:30 plaasgevind toe sy neef op sy motorfiets vermoedelik van baan verander het en teen ‘n vragmotor gebots het.
 
Dit is nog onduidelik waarheen hy op pad was. Lubbe sê sy neef was die eienaar van die Kyno Pitbull Kennels in Welkom en was onder meer ook die stigterslid van die Welkom Pitbull-vereniging.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Roolie Lubbe:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.