On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

VS-boere in hof vir veediefstal

───   06:39 Mon, 17 Nov 2014

VS-boere in hof vir veediefstal | News Article

Excelsior - Twee boere van die Excelsior-distrik in die Vrystaat sal na verwagting vandag weer in die dorp se landdroshof verskyn op aanklagte van veediefstal.

Lazarus Thekiso en Petrus Sithole, albei 61-jaar oud, is op die R709-pad tussen Excelsior and Tweespruit in hegtenis geneem.
Vrystaatse polisiewoordvoerder, Martin Xuma, sê die polisie het ‘n verdagte, wat teen 'n hoë spoed gery het, agternagesit en sewe merino-skape in die voertuig gevind.
 
Die skape is glo by ‘n plaas naby die Phillip Sanders-oord buite Bloemfontein gesteel.
 
Xuma sê albei verdagtes sal vandag om borgtog aansoek doen. Hulle bly intussen in aanhouding.

Duane Petrus/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.