On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Agt verskyn weens moord op Odendaalsrus-boer

───   07:14 Fri, 21 Nov 2014

Agt verskyn weens moord op Odendaalsrus-boer | News Article

Bloemfontein - Agt mans wat vandeesweek in hegtenis geneem is weens die moord op 'n bejaarde boer van Odendaalsrus in die Vrystaat sal na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Willie Janse van Rensburg is in Oktober deur gewapende mans op sy plaas oorval. Hy is drie keer geskiet.
 
Die booswigte het selfone, vuurwapens en geld gesteel. Hulle het toe met sy bakkie van die toneel gevlug. Die bakkie is later verlate naby Thabong gevind.  
 
Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, sê vier verdagtes is Dinsdag in hegtenis geneem en die ander vier 'n dag daarna. Volgens Thakeng is die arrestasies gemaak na die Valke 'n wenk ontvang het.
 
Die verdagtes is tussen die ouderdomme van 21 en 35.
 
Nog 'n verdagte, wat vroeër in hegtenis geneem is, het reeds in die hof verskyn. Hy sal na verwagting weer vandag in die hof wees.
 
Sapa 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.