On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Local News

Drie in hof oor varke

───   09:14 Fri, 21 Nov 2014

Drie in hof oor varke | News Article

Bloemfontein - Drie mans sal na verwagting vandag in die landdroshof in Welkom verskyn nadat hulle na bewering 50 varke en varkvoer op 'n plaas gesteel het.

Vrystaat polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng sê die mans - onderskeidelik 23, 25, en 37 - is Woensdag in hegtenis geneem nadat varke by Steynwyk Piggery gesteel is.
 
Altesaam 23 van die gesteelde varke is later op 'n ander plaas gevind.  
 
Volgens Thakeng het die polisie inligting ontvang dat die gesteelde varke op 'n ander plaas aangehou word.
 
Die varke is uitgeken aan hulle eienaar se brandmerk.
 
Verklaring: SAPD 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.