On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Nigeriese kerkramp: Agt slagoffers word vandag in VS en NW begrawe

───   10:54 Sat, 22 Nov 2014

Nigeriese kerkramp: Agt slagoffers word vandag in VS en NW begrawe | News Article

Mahikeng - Agt slagoffers van die kerkgebouramp in Nigerië word vandag in die Vrystaat en Noordwes begrawe.

Die slagoffers was onder die 81 Suid-Afrikaners wat in September dood is toe 'n gastehuis van die evangelis TB Joshua in Lagos ineengestort het.
 
Die oorskot van 74 Suid-Afrikaners is verlede naweek na Suid-Afrika teruggebring.
 
Twee begrafnisse vind in die Vrystaat plaas - in Thaba Nchu en QwaQwa.
 
In Noordwes word ses slagoffers vandag begrawe. Begrafnisse sal plaasvind in Rustenburg, Itsoseng naby Lichtenburg en Mahikeng. Verteenwoordigers van die provinsiale regerings sal die dienste bywoon. 

Refilwe Mekoa/OFM-nuus, SAUK 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.