On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Twee apies dolgelukkig by Bloemfontein DBV

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:46 Mon, 24 Nov 2014

Twee apies dolgelukkig by Bloemfontein DBV | News Article

Bloemfontein - Dit gaan sommer voor die wind met twee capuchin-apies wat onlangs in Zastron deur die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging (DBV) gekonfiskeer is nadat hul eienaar brandewyn en Coke aan hulle gevoer het.

Die DBV se Reinet Meyer, sê Hansie en Sussie, se eienaar, wat intussen aangekla is van dieremishandeling, het sy twee kese glo verwaarloos en hardhandig hanteer. Hulle het ook aan wanvoeding gely.
 
Volgens haar het die twee apies se toestand intussen aansienlik verbeter. Hulle is gesond en dolgelukkig in hul hok by die DBV.

Meyer sê die apies se dieet sluit onder meer vrugte, grondboontjiebotter en vleis in. Hulle hou ook baie van kaas. Sy sê ‘n hofdatum is nog nie vasgestel nie weens uitstaande verklarings wat afgelê moet word.
 
Die DBV het ook twee konyne wat sonder drinkwater gevind is saam met die apies gekonfiskeer.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

Podcasts

Reinet Meyer:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.