On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

EFF hou verkiesingskongres in Bloemfontein

───   REFILWE GAESWE 15:19 Wed, 26 Nov 2014

EFF hou verkiesingskongres in Bloemfontein | News Article
Die EFF se eerste verkiesingskongres gaan in Bloemfontein plaasvind. Die party se Dali Mpofu het vroeër vanmiddag aangekondig dat die kongres op die Universiteit van die Vrystaat se Bloemfonteinkampus, van 13 tot 16 Desember, gaan plaasvind.
 
Mpofu het die universiteit geloof vir sy bereidwilligheid om hulle te huisves. Hy sê hulle het in die verlede dikwels teenkanting gekry van verskeie stede, dorpe en instellings waar hulle vergaderings wou hou.

Mpofu sê die kongres sou oorspronklik by die Vaal Universiteit van Tegnologie in Vereeniging plaasvind, maar die ooreenkoms is onlangs gekanselleer.
 
Refilwe Mekoa/OFM-nuus




Podcasts

Dali Mpofu:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.