On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

'Pierre Korkie sal hopelik teen Kersfees met sy familie herenig wees'

───   SABRINA DEAN 09:12 Fri, 28 Nov 2014

'Pierre Korkie sal hopelik teen Kersfees met sy familie herenig wees' | News Article

Johannesburg - Gift of the Givers se Imtiaz Sooliman sê hulle bly hoopvol dat die oud-Bloemfontein onderwyser Pierre Korkie teen Kersfees met sy familie herenig sal wees.

Dit volg na verskeie gyselaars wat deur Al-Kaïda-militante in Jemen aangehou was, deur middel van samewerkende pogings tussen die Jemeense-weermag en Amerikanse troepe vandeesweek vrygelaat is.
 
Sooliman sê hy is nie seker hoe die reeks reddingspogings hulle planne, wat in 'n baie sensitiewe stadium is, gaan beinvloed nie, maar hy bly hoopvol dat daar binne die volgende week goeie nuus kan wees.
 
Sooliman het vanoggend bevestig dat Korkie nie onder die agt gyselaars is wat vandeesweek vrygelaat is nie.

Sabrina Dean/OFM-nuus

Podcasts

Imtiaz Sooliman:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.