On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

DA in NK tevrede met matriekeindeksamen

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:18 Fri, 28 Nov 2014

DA in NK tevrede met matriekeindeksamen | News Article

Kimberley - Die DA in die Noord-Kaap sê dit is verblydend dat sover bekend geen eksamenvraestelle vanjaar in die provinsie uitgelek het nie.

Die party se Safiyia Stanfley, sê hulle is oor die algemeen tevrede met die verloop van die matriekeindeksamen wat vandag oor die land heen eindig.
Sy sê geen ernstige voorvalle het in die Noord-Kaap voorgekom nie.

Stanfley sê die DA hoop dat matrieks van die John Taolo Gaetsewe-distrik, wat nie vanjaar die eindeksamen kon aflê nie weens gewelddadige betogings deur die gemeenskap oor ‘n grondpad, hulle goed sal voorberei vir die aanvullende eksamen volgende jaar in Maart.
 
Die Noord-Kaap mik vanjaar na ‘n matriekslaagsyfer van 80% nadat die provinsie verlede jaar ‘n slaagsyfer man 74.1 behaal het.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus


Podcasts

Safiyia Stanfley:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.